Skryf die redes vir die organiseerders van die Pendoring-kompetisie se glimlagte neer.
Verduidelik die implikasie van die onderstreepte sin in paragraaf 2.
Waarom kan Afrikaanssprekendes volgens paragraaf 3 as uniek beskou word? Noem TWEE redes.
Om Afrikaanssensitief te wees hou beslis voordele vir die taal in.Lewer in DRIE sinne kommentaar op dié stelling aan die hand van paragraaf 4.
Watter raakpunte is daar tussen paragraaf 3 en paragraaf 6 ten opsigte van Afrikaanse reklame?
Waaraan kan die sukses van Afrikaanse reklame volgens paragraaf 6 toegeskryf word? Noem TWEE sake.
Noem die rede waarom eNuus by Pendoring betrokke geraak het.
Die adverteerders sal aangenaam verras wees deur die Afrikaanse teikenmark se lojaliteit en ondersteuning.Is dit ’n FEIT of ’n MENING? Motiveer jou antwoord.
Onder watter TWEE omstandighede sal maatskappye in Afrikaanse reklame belê?
Verklaar waarom die teks na Engels as Ê»globale advertensietaal’ (paragraaf 8) verwys.
Watter boodskap stuur Tim du Plessis as hoof van Afrikaanse koerante by Media24 aan die handelswêreld uit?
Wat behels die begrip inklusiwiteit ten opsigte van die ATKV?
Waarvan is Ads24 ’n voorstander?
Dink jy Karen Meiring se siening oor die Afrikaanse reklamebedryf (in paragraaf 5) dra by tot die bevordering van die Afrikaanse taal? Motiveer jou antwoord met DRIE redes uit paragraaf 10–13.
Wanneer is iemand volgens Teks B kunssinnig?
Bewys met ’n voorbeeld uit Teks A of Teks B dat die ATKV nie slegs praters is nie.
Verduidelik hoe DRIE hooffokusareas van die ATKV (volgens paragraaf 11 van Teks A) met Teks B skakel.
OPSOMMING
Herskryf die opskrif in die ontkennende vorm.
Kies die antwoord.Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende idioom in te vul:Wanneer ek jou planne fnuik, ry ek jou planne in die ...
Kies die homofoon wat die beste in reël 2 pas.
Voltooi die sin in reël 3 deur die ontbrekende voegwoord neer te skryf.
Waarom is die gebruik van die asterisk in reël 5 noodsaaklik?
Herskryf die sin in reël 5–6 in die vraende wyse sodat die antwoord slegs Ê»Ja/Neeʼ kan wees.
Gee die intensiewe/versterkte vorm van die onderstreepte woord in reël 8.
Waarom is die onderstreepte woord in reël 13 doeltreffend?
Gebruik briljant as ’n bywoord in ’n sin.
Is die visuele voorstelling van die uitwerking van turbovite funksioneel? Motiveer jou antwoord.
Identifiseer die woord wat in raampie 1 verkeerd gespel is en skryf dié woord korrek oor.
Wat was Spike se beroep volgens raampie 3? Skryf dit in suiwer Afrikaans.
Haal die woorde uit raampie 4 aan wat op stereotipering dui. Motiveer waarom dié stereotipering, binne konteks, nie by Luané pas nie.
Wat is die geïmpliseerde betekenis van die pa se woorde in raampie 5?
Skryf die teenoorgestelde geslag van die onderstreepte woord in raampie 5 neer.
Gebruik die koppelwerkwoord in die onderstreepte sin van raampie 6 as ’n selfstandige werkwoord in ’n sin van jou eie.
Brei die onderstreepte woord in raampie 7 met ’n bysin uit. Herskryf die hele sin en onderstreep die bysin.
Herskryf die sin in raampie 8 in die indirekte rede.
Motiveer of die aksentteken in raampie 8 noodsaaklik is om die seun se gevoel teenoor Luané uit te druk.
Skryf slegs die lettergreep neer wat die hoofklem in ersatz dra.
Gee EEN woord met min of meer dieselfde betekenis as ersatz.
Skryf die onderstreepte afkorting in paragraaf 2 voluit in woorde.
Voeg die sin in paragraaf 4 as ’n parentese by paragraaf 3 in. Skryf jou antwoord as EEN volsin neer.
Skryf EEN woord vir die onderstreepte frase in paragraaf 7 neer.
Wat is die korrekte vorm van die onderstreepte woord in pararaaf 9?
Identifiseer ’n woord in paragraaf 9 wat aan Frans ontleen is.
Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 10 in die aktief/bedrywende vorm.
Hoe dui die skrywer aan dat hy bewus is van die taalfout/spelfout in paragraaf 11?
In paragraaf 11 word ’n idioom gebruik.Word die idioom in hierdie konteks gepas gebruik? Motiveer jou antwoord.