NSC exam, Afrikaans (FAL) V3, Feb/March 2013
Assignment Type: Revision Paper
Total Marks: Unmarked
INSTRUKSIES EN INLIGTING - Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer transaksionele teks (30)
AFDELING C: Korter teks: Naslaan-, informatiewe en transaksionele tekste (20)
2.Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3.Skryf in die taal wat geassesseer word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING -
5.Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ʼn kopkaart of ʼn vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.
6.Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning nadat jy die finale produk geskryf het
INSTRUKSIES EN INLIGTING -
7.Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 80 minute
AFDELING B: 40 minute
AFDELING C: 30 minute
8.Nommer elke teks soos dit in die vraestel genommer is.
9.Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.
AFDELING A: OPSTEL
Attached Section Resource:
0320cffc-2109-4043-88fa-27b67b5bcb9d.PNG
VRAAG 1 - 3.Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor. 2.Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.
Marks: 200
Question 1:

Jy het gedink jou ouers en onderwysers weet niks van MXit toe hulle jou teen die gevare van MXit gewaarsku het nie. Dis eers nadat jy as gevolg van MXit in die moeilikheid beland het, dat jy hulle glo. Vertel wat jy uit hierdie ervaring geleer het.
Tik 'n opstel hieroor.

Attached Resource:
d7fea133-918c-4009-8903-4fdf63685151.PNG
Your Answer:
Question 2:

Daar was goeie tye in jou lewe wat jy altyd sal onthou.
Tik 'n opstel waarin jy terugdink aan hierdie tye in jou lewe en sê waarom jy dié tye nooit sal vergeet nie.

Attached Resource:
f2e8db79-c7b2-423d-8838-a901f8fd411e.PNG
Your Answer:
Question 3:

Suid-Afrikaners het verskillende idees oor wat gesonde eetgewoontes is.
Tik 'n opstel hieroor.

Attached Resource:
94db4d4c-6379-4b6a-86ea-30b27a152ee9.PNG
Your Answer:
Question 4:

Op Valentynsdag koop party mense graag geskenke vir geliefdes. Ander mense dink weer dit is net geldmors om geskenke te koop.


Tik 'n opstel waarin jy dié twee verskillende menings bespreek.

Attached Resource:
7e5cc03a-ed5b-44bb-9190-a84179be4329.PNG
Your Answer:
VRAAG 1.6
Marks: 50
Question 1:

Kies EEN van die volgende visuele tekste en Tik 'n opstel daaroor. Gee jou skryfstuk ʼn titel. Jou opstel moet direk by die prent aanpas.

Attached Resource:
42c9e001-1f22-4a9e-b1ab-dee6f5be033c.PNG
Your Answer:
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Attached Section Resource:
3d219feb-7944-4ccf-b3c5-2ace5dbe581e.PNG
VRAAG 2 - Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
Marks: 120
Question 1:

Jou maat het in 2012 baie goeie uitslae in die matriekeksamen behaal en het universiteit toe gegaan om verder te studeer.



Tik 'n brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens met sy/haar goeie prestasie. Sê hoe trots jy op hom/haar is en wens hom/haar ook voorspoed met die studies toe.

Attached Resource:
e89f3769-57c9-4621-950f-7ba1f291920b.PNG
Your Answer:
Question 2:

Jy is deel van julle skool se natuurklub wat die ander leerders wil inlig oor die belangrikheid van bome in Suid-Afrika.



Tik 'n toespraak waarin jy die leerders motiveer om deel te neem aan die Nasionale Boomplantdag en verduidelik hoekom dit so belangrik is om bome aan te plant.

Attached Resource:
f7fb3725-80a2-4bf0-a858-c1434666b1cc.PNG
Your Answer:
Question 3:

Jy is een van die joernaliste van julle skool se koerant. Jy moet ʼn onderhoud met die skool se beste sportster voer en in die skoolkoerant vertel van dié sportster se prestasies, hoe hy/sy dit regkry om so goed te doen en wat sy/haar toekomsplanne is.



Tik die onderhoud tussen jou en die sportster in dialoogvorm neer.

Attached Resource:
90ced9ab-30f8-457a-a58b-8d04bdfd1977.PNG
Your Answer:
Question 4:

Julle moes vir Lewensoriëntering ʼn verslag opstel oor ʼn dag toe jy saam met ʼn volwassene na sy/haar werk toe moes gaan om meer oor die werksituasie uit te vind.



Tik 'n verslag en gee volledige inligting oor die werksplek, die tipe werk, wat alles van die werkers verwag word en watter waarde hierdie dag vir jou gehad het.

Attached Resource:
e997d4a6-4c2e-4e4d-b9fa-a6bae2e4638d.PNG
Your Answer:
AFDELING C: - KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE
Attached Section Resource:
29a3fd5b-784e-4ffe-8d1a-053a74091601.PNG
VRAAG 3 - VRAAG 3 • Kies EEN onderwerp en Tik 80–100 woorde daaroor.
Marks: 60
Question 1:

Julle skool gaan ʼn entrepreneursweek aanbied en wil graag die jongmense van julle dorp aan hierdie program laat deelneem. Die tema vir die entrepreneursweek is: 2013 – Dink nuut. Jy is een van die leerders wat met die beplanning help.
Tik ʼn advertensie vir die jongmense om die entrepreneursweek te adverteer. Sê waar die entrepreneursweek gaan plaasvind, wanneer dit gaan plaasvind, die doel van hierdie week en wat die jongmense uit hierdie week kan leer. Nooi hulle uit om deel van hierdie entrepreneursweek te wees.

Attached Resource:
be916c73-7846-4e8f-b2ee-03e71a1e79a3.PNG
Your Answer:
Question 2:

Dis die aand voor jy jou aanvullende eksamen begin skryf. Jy weet dit is dalk jou laaste geleentheid om matriek te slaag of om jou punte in sekere vakke te verbeter. Jy is opgewonde, maar ook baie bang.
Tik in jou dagboek oor hoe jy voel oor die dag en die geleenthede wat vir jou voorlê.

Attached Resource:
f5a7fcd2-6db8-4803-bb4a-6d98516a59a7.PNG
Your Answer:
Question 3:

Jy was verlede jaar een van die leiers van jou skool. Die hoof het jou onlangs gevra om jou skool te besoek en aan die nuwe skoolleiers instruksies te gee oor hoe om die skool ʼn veilige plek vir alle leerders te maak.


Tik SEWE instruksies neer wat jy vir die skoolleiers sal gee.

Your Answer:
© 2025, Obami Networks  |  Live