Watter word dui aan dat ouers nie altyd weet hoe om hulle kinders met hulle keuses te help nie? (Paragraaf 1)
Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
“… is baie ouers … in dieselfde bootjie” (paragraaf 1) beteken dat ouers ...
Wat impliseer die skrywer met die woord “droomsport”? (Paragraaf 1)
Gee TWEE redes waarom ʼn mens sou dink dat Kobus ʼn goeie rugbyspeler kon wees.
Hoe weet jy dat die kinders aggressief teenoor Kobus was?
Volgens Magriet het hy die krag gehad, maar ʼn baie klein hartjie. (Paragraaf 4)
Word die woorde “klein hartjie” letterlik of figuurlik bedoel?
Wat het Magriet laat besef dat Kobus nie ʼn goeie rugbyspeler was nie? Noem TWEE dinge.
Motiveer jou antwoord op die vorige vraag.
Watter les het Magriet oor die keuse van ʼn kind se sportsoort geleer?
Waar het Kobus se belangstelling in karate begin?
Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 7 aan wat sê dat Kobus nou baie gelukkig met sy sportsoort is.
Hoe verskil André en Kobus se prestasies in karate?
Hoe het Kobus se prestasies in karate met sy karakterontwikkeling gehelp?
Watter positiewe gevolg het die vuishou wat André gekry het, vir hom gehad? (Paragraaf 8)
Dink jy ʼn mens neem aan sport deel om te wen? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Magriet glo nie daaraan om een kind voor te trek nie.Haal ʼn SIN uit paragraaf 9 aan wat die stelling bewys.
Waarom is die gebruik van die uitroepteken in die titel effektief?
Watter artikel is die belangrikste in hierdie tydskrif?
Skryf die titel van die artikel neer.
Motiveer jou antwoord met TWEE redes wat jy uit die voorblad afgelei het.
Wat is die doel van die spesiale gids wat in hierdie tydskrif verskyn?
Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Uit Kate se gesigsuitdrukking lei ons af dat sy ... is.
Hoe oud was die kind wat vermoor is?
Hoe weet ons dat dié tydskrif een van die beste tydskrifte is?
Waarom, dink jy, word die opskrif van die artikel “Wie is regtig Inge se moordenaar?” in die vorm van ʼn vraag gestel?
Watter artikel sal hulle aandag trek? Skryf die opskrif van die artikel neer.
Waarom, dink jy, gebruik die skrywer ʼn prentjie van die motor op die voorblad van die tydskrif?
TEKS C
Waarom is die opskrif “Koop ʼn woord!” beter as die opskrif “Jy moet asseblief ʼn woord koop.”?
Skryf ʼn sin waarin jy verduidelik waarom die woord “jy” in plaas van “u” in hierdie advertensie gebruik word.
Gee die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Die woord (wat+vir) jy betaal, sal die taal laat voortbestaan.
Hoekom is dit effektief om die woord “die” in die volgende sin te beklemtoon?
Al hierdie woorde verskyn in dié woordeboek.
Kies die woord wat die korrekte SINONIEM vir die onderstreepte woord is. Skryf net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Jy kry ʼn mooi sertifikaat.
Gee die INTENSIEWE/VERSTERKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
As TV-aanbieder wil ek seker maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry.
Skryf die sin in die DIREKTE REDE neer.
Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies.
Skryf die onderstaande inligting uit die advertensie in ʼn volsin neer.
Sluitingsdatum: 30 Maart 2013
Skryf die sin in die VERLEDE TYD neer.Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Soldatos.
Begin só: Die wenner ...
Gee die VERKLEINING vir die onderstreepte woord in die volgende sin.
Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Hägar drink ʼn bier terwyl sy vrou aantrek.
Skryf die volgende sin in die INDIREKTE rede neer.
Helga vra vir Hägar: “Hou jy van die groen rok?”
Kies die korrekte woord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
In raampie 6 kan ons duidelik uit Helga se gesigsuitdrukking aflei dat sy (ontsteld/onseker/ontevrede) is.
Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD neer.
Vrouens vat altyd lank om aan te trek.
Vul die korrekte VOORNAAMWOORD in om die sin korrek te voltooi. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Helga wil graag hê ... man moet dink dat sy mooi lyk.
Kies die woord wat die volgende SPREEKWOORD korrek VOLTOOI. Skryf net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
As Hägar nog meer bier drink terwyl hy vir Helga wag, gaan hy hoog in die ... wees.
Maak ʼn sin met die woord groen (raampie 7). Gebruik die woord KONNOTATIEF.
Kyk weer na raampie 8. Wie word hier deur Hägar gestereotipeer?
Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Hägar drink nie twee beker bier terwyl Helga aantrek nie.
Skryf die sin oor en vul die korrekte LEESTEKEN in.
Voel jy dat jou skoolwerk vir jou te veel raak
Verbeter die SPELFOUT in sin 1 van paragraaf 2.
Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.
Melissa sê dat ʼn mens sjokolade of koffie moet vermy.
Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing. Skryf die woord in lettergrepe neer en onderstreep die lettergreep wat die klem dra.
Skryf die volgende sin in die INFINITIEF oor.Jy moet genoeg slaap kry.
Begin só: Jy behoort ...
Skryf die onderstreepte getal VOLUIT.Skryf slegs die woord as antwoord neer.
“Moenie dink jy kan met 14 uur se slaap ná jou laaste eksamenvraestel verlore slaap inhaal nie.”
Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.
Jy moet ʼn studieroetine ontwikkel.
Voltooi die volgende sin deur die WERKWOORD in te vul. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Melissa glo jy moet self die besluit ... om ʼn studierooster op te stel.
Vul die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord in. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Jou vriend of ... is ook altyd daar om jou te help.
Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Dalk verkies jy om elke dag ʼn bietjie te werk. Die werk raak nooit te veel nie. (sodat)
Kies die KORREKTE WOORD uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
ʼn Goeie studieroetine (lui/ly/lei) tot minder stres.
Verbeter die WOORDORDE van die onderstreepte gedeelte in die volgende sin.
As jy ʼn bietjie moeg voel nadat jy te veel geleer het, kan jy gaan stap om die blok vinnig.
Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Ontspan in ʼn warm bad met kerse en rustig musiek.
Voltooi die volgende sin met die korrekte VOORSETSEL. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Pa staan ... sy dogters.
Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
In die prentjie lyk dit asof hulle ʼn goeie (gesin+lewe) het.
Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
Die meisie is tevrede met die boodskap wat sy gekry het.
Kies die woorde wat die volgende sin KORREK voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.
Ma lyk onseker oor die moderne tegnologie terwyl Pa wys dat hy ...
Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Die jonger meisie se hare is donker as haar suster se hare.
Vorm ʼn DEELWOORD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.
Die glimlag jong meisie het ʼn interessante sms ontvang.