NSC exam, Afrikaans HL V2, November 2013
Assignment Type: Revision Paper
Total Marks: Unmarked
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE - Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG - Lees die gedig hieronder en voer die opdrag uit.
Marks: 10
Attached Section Resource:
374c4adc-70a2-4f10-b052-620655c592e3.jpg
Question 1:

Die gedig Finis handel oor ’n gebroke verhouding.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.
Gee in jou opstel aandag aan:
• Die titel van die gedig wat by die gebroke verhouding aansluit (1 feit)
• Die interteks wat met die gebroke verhouding in verband gebring word (2 feite)
• Die woordkeuse, Aprilmaand, wat tot die beskrywing van die gebroke verhouding bydra (3 gemotiveerde feite)
• Die geslaagdheid, of nie, van die beskrywing van die gebroke verhouding (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG - Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Marks: 3
Attached Section Resource:
2f5dfcb7-944f-4df0-b9ff-2998d8a1b444.jpg
Question 1:

Gee die funksie van die aandagstreep in versreël 2.

Your Answer:
Question 2:

Benoem die beeldspraak in versreël 4 en verduidelik die beeld wat geskep is.

Your Answer:
Herlees reël 7.
Marks: 4
Question 1:

Sê in jou eie woorde wat met die beeld toegepleisterde wêreld bedoel word.

Your Answer:
Question 2:

Dink jy dat hierdie toegepleisterde wêreld ’n aktuele probleem is?

Motiveer jou antwoord.

Your Answer:
Question 3:

Watter stemming heers in versreël 9–11?

Your Answer:
. - In versreël 17–18 besef die spreker dat die lyding van die wêreld baie diep is.
Marks: 3
Question 1:

Hoe vergelyk die besef waartoe die spreker gekom het met die insig in versreël 13?

Your Answer:
Question 2:

Op watter wyse sluit die woord kras in versreël 15 aan by die besef waartoe die spreker gekom het?

Your Answer:
Question 3:

Hoekom sou jy die gedig as ’n vrye vers beskou?

Your Answer:
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG - Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Attached Section Resource:
edebb4fe-a668-4a0e-8a54-13cd24dd2143.jpg
Herlees versreël 1.
Marks: 10
Question 1:

Benoem die beeldspraak in dié versreël.

Your Answer:
Question 2:

Wat is die funksie van die beeldspraak wat jy in versreël 1 geïdentifiseer het?

Your Answer:
Question 3:

Hoe word die negatiwiteit in die eerste strofe beklemtoon?

Your Answer:
Question 4:

Haal ’n frase uit strofe 1 aan wat op nimmereindigende verwyte dui.

Your Answer:
Question 5:

Watter stylmiddel ondersteun hierdie nimmereindigende verwyte in strofe 1?

Your Answer:
Question 6:

Watter woord in strofe 2 sluit aan by hierdie nimmereindigende verwyte?

Your Answer:
Question 7:

In strofe 3 blyk dit dat die mens tog steeds na ’n beter toekoms hunker.

Bewys hierdie stelling deur DRIE opeenvolgende woorde aan te haal.

Your Answer:
Question 8:

Skryf die kontras neer wat in strofe 3 voorkom.

Your Answer:
Question 9:

Wat sal jou gemotiveerde raad vir hierdie huismense wees?

Your Answer:
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG - Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Marks: 10
Attached Section Resource:
1a7d5e2d-e5c5-4399-87f3-223a162f282e.jpg
Question 1:

Hoe sluit die woordkeuse in versreël 1 by versreël 34 aan?

Your Answer:
Question 2:

Hoe verskil die woorde, alles kry voete, in die gedig van die idiomatiese betekenis?

Your Answer:
Question 3:

Waarom is die bou van die gedig funksioneel?

Your Answer:
Question 4:

Watter halfrym kom in die eerste vier versreëls voor?

Your Answer:
Question 5:

Benoem die stylfiguur wat in versreël 30 voorkom en verduidelik wat dit in konteks beteken.

Your Answer:
Question 6:

Wat is die tema van die gedig?

Your Answer:
Question 7:

Kan jy jou identifiseer met die stelling dat die lewenspad oor Saharas en savannas loop?

Motiveer jou antwoord.

Your Answer:
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) - Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.
VRAAG 5: OPSTELVRAAG - Lees die gedig hieronder en voer die opdrag uit.
Marks: 10
Attached Section Resource:
b3a11e04-736f-4a1f-ba88-0df86f74cbb3.jpg
Question 1:

Die digter werk vernuftig met klank en punktuasie.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde deur aan die volgende aandag te gee:
• Hoe klankrykheid in die gedig verkry word (3 feite)
• Waarom punktuasie funksioneel is (3 gemotiveerde feite)
• Waarom skuufel as klankryke woord slaag (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG - Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Marks: 10
Attached Section Resource:
05ab1b1c-1fff-4646-9b5e-8d2fd6e2bf3d.jpg
Question 1:

Van watter soort halfrym in versreël 1 maak die spreker gebruik om die lekkerte van kaalvoetloop te beklemtoon?

Your Answer:
Question 2:

Herlees versreël 3–4. Benoem die beeldspraak.

Your Answer:
Question 3:

Haal ’n voorbeeld van klanknabootsing uit die gedig aan.

Your Answer:
Question 4:

Gee TWEE redes waarom versreël 2 en 4 korter is.

Your Answer:
Question 5:

Waarom is die woord “skuufel” ’n beter keuse as “skuif”?

Your Answer:
Question 6:

Waarom is die kommapunt in versreël 6 funksioneel?

Your Answer:
Question 7:

Wie word in versreël 13 aangespreek?

Your Answer:
Question 8:

Beoordeel die geslaagdheid van die kontras aan die einde van die gedig.

Your Answer:
AFDELING B: ROMAN - Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG - DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Marks: 25
Question 1:

Iris beskou haarself as ’n alleenloper wat op oorskiet leef.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.
Verwys in jou bespreking na:
• ’n Rede waarom Iris haarself as ’n alleenloper beskou (1 feit)
• Voorbeelde waar Iris se alleenloperskap na vore tree (5 feite)
• Die invloed wat Pa, Kara en die Engel op haar alleenloperskap het (6 gemotiveerde feite)
• Die moontlikheid, of nie, dat Iris haar alleenloperskap afgeskud het (2 gemotiveerde feite)
• Jou moontlike optrede indien jy in Iris se situasie was (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker - Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
Marks: 2
Attached Section Resource:
741ee70a-3a10-45cb-9ae6-fd7cf309f36e.jpg
Question 1:

Hoekom bevind Iris haar in ’n hotel?

Your Answer:
Question 2:

Wat omtrent Iris kon die ou klerk aan die nuwe een oorgedra het?

Your Answer:
. - Ma en Johanna verskil hemelsbreed as karakters van mekaar.
Marks: 8
Question 1:

Hoe verskil hulle ten opsigte van Iris se opvoeding?

Your Answer:
Question 2:

Waarom kontrasteer die verteller juis vir Ma met Johanna?

Your Answer:
Question 3:

Watter soort verteller tree in die uittreksel op?

Your Answer:
Question 4:

Dink jy Johanna se verwysing na Iris se hare (reël 15–18) is regverdig?

Verduidelik of haar verwysing na Iris se hare ’n invloed op die loop van die roman het.

Your Answer:
Question 5:

Johanna se slotwoorde in die uittreksel is onwaar.

Hoekom?

Your Answer:
Iris is met vakansie in dié uittreksel.
Marks: 4
Question 1:

Waar het sy haar direk voor die uittreksel bevind?

Your Answer:
Question 2:

Noem TWEE bewyse van hoe die stad waar sy tans is, haar naïwiteit bevestig?

Your Answer:
Question 3:

Watter konflik veroorsaak die ruimte wat in die teks ter sprake is, by Peter?

Your Answer:
TEKS 2
Marks: 11
Attached Section Resource:
271dd9e5-eafc-4305-8dcb-ac598dd277c9.jpg
Question 1:

Watter verband is daar tussen Joe en Iris?

Your Answer:
Question 2:

Dink jy Joe se teenwoordigheid veroorsaak konflik by Peter?

Verduidelik.

Your Answer:
Question 3:

Waarom word die groen kaart pertinent in die gedeelte genoem?

Noem TWEE redes.

Your Answer:
Question 4:

Watter gemoedstemming ervaar Iris-hulle tydens die taxirit?

Your Answer:
Question 5:

Die verwysing na Iris se naam/blom-oomblik hou verband met die tema van die roman.

Wat is die tema van die roman?

Your Answer:
Question 6:

Die Engel se teenwoordigheid lei 'n ironiese wending in.

Wat behels hierdie wending?

Your Answer:
Question 7:

Iris leer heelwat lesse in Vermont.

Noem DRIE lesse wat Iris hier oor haarself en die mense saam met haar leer.

Your Answer:
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Marks: 25
Question 1:

Baas Chipman is ’n eenkantmens wat min oor homself openbaar.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.
Verwys in jou bespreking na:
• Redes waarom Baas hom eenkant hou (2 feite)
• Voorbeelde waar Baas se eenkantwees na vore tree (4 feite)
• Die invloed wat Grace, Nanna en mnr. Whitey op sy eenkantwees het (6 gemotiveerde feite)
• Die moontlikheid, of nie, dat Baas sy eenkantwees afgeskud het (2 gemotiveerde feite)
• Jou moontlike optrede indien jy in Baas se situasie was (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse - Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
Marks: 4
Attached Section Resource:
29db228c-ed7f-4c4b-9f8f-0ab5b4ec1433.jpg
Question 1:

Watter rol speel Die Buffeljagter in hierdie roman?

Your Answer:
Question 2:

Baas is in baie opsigte nes sy oupagrootjie.

Noem TWEE ooreenkomste tussen die twee karakters.

Your Answer:
Question 3:

Hoe word Baas in dié uittreksel gekarakteriseer?

Your Answer:
. - In die uittreksel manipuleer die verteller die leser om tot ’n sekere insig rakende Baas en sy oupagrootjie te kom.
Marks: 3
Question 1:

Tot watter insig kom die leser rakende Baas en sy oupagrootjie in die uittreksel?

Your Answer:
Question 2:

Wat is die voordeel van dié soort verteller in die uittreksel?

Your Answer:
Question 3:

Op watter wyse ontnugter Baas later vir Ngwako?

Your Answer:
. - Barotseland speel as milieu-aanduider ’n belangrike rol in die verhaal.
Marks: 7
Question 1:

Waar in Barotseland vestig Baas hom uiteindelik?

Your Answer:
Question 2:

Waarom was Baas aanvanklik teleurgesteld in dié plek?

Your Answer:
Question 3:

Hoe veroorsaak die verhuring van dié grond konflik by Baas?

Your Answer:
Question 4:

Dink jy Sable Ranch het ’n invloed op die verloop van die verhaal?

Verduidelik.

Your Answer:
TEKS 2
Marks: 11
Attached Section Resource:
b6056419-06b5-4d6d-a955-28298c6b8ec2.jpg
Question 1:

Watter verband is daar tussen Joseph Mulambwa en die kerkie?

Your Answer:
Question 2:

Dink jy die kerkie veroorsaak konflik by Baas?

Verduidelik hoekom jy so dink.

Your Answer:
Question 3:

Watter TWEËRLEI rol speel die bougainvillea in die roman?

Your Answer:
Question 4:

Watter gemoedstemming ervaar Baas met verwysing na buffelhorings?

Your Answer:
Question 5:

In die uittreksel is daar ’n bewys dat Baas konflik oor sy geloof ervaar.

Wat is die bewys en hoekom lei dié bewys die ironiese wending in die roman in?

Your Answer:
Question 6:

Baas leer heelwat lesse op Manaka.

Noem DRIE dinge wat Baas op hierdie plek oor homself en die mense saam met hom leer.

Your Answer:
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Marks: 25
Question 1:

Die mense van Vatmaar word as ’n buitestandergemeenskap beskou.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.
Verwys in jou bespreking na:
• Redes waarom die gemeenskap van Vatmaar as ’n buitestandergemeenskap beskou kan word (3 feite)
• Voorbeelde waar die karakters in Vatmaar se buitestanderskap na vore tree (3 feite)
• Die invloed wat Oom Chai, Ta Vuurmaak en Kenneth Kleinhans op Vatmaar se buitestanderskap het (6 gemotiveerde feite)
• Die moontlikheid, of nie, dat Vatmaar (as gemeenskap) se buitestanderskap opgehef word (2 gemotiveerde feite)
• ’n Motivering of jy graag in ’n gemeenskap soos Vatmaar sou wou bly (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz - Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
TEKS 1
Marks: 6
Attached Section Resource:
1eb284fa-d9c4-461a-bc99-49ba8e5d906c.jpg
Question 1:

Wat is die verband tussen die vier karakters in die uittreksel?

Your Answer:
Question 2:

Hoekom is dit korrek om te sê dat Oom Flip en Sus Bet die doringboom met reg “onse boom” kon noem?

Your Answer:
Question 3:

Watter werk het Oom Flip in die uittreksel gedoen en hoe sluit dit by die onderstreepte woorde van Janman in reël 8 aan?

Your Answer:
. - Toe, nadat hulle hulle plan baie goed uitgedink het ... (reël 15)
Marks: 5
Question 1:

Noem wat die rede vir Sus Bet se betrokkenheid by die plan was, wat haar rol in die plan was en watter voordeel die plan vir haar ingehou het.

Your Answer:
Question 2:

Watter karaktertrek van Siesie Lena kom in hierdie situasie sterk na vore?

Your Answer:
Question 3:

Wat was die gevolg van dié plan vir Oom Flip?

Your Answer:
Question 4:

Waarom is Siesie Lena se woorde in reël 16–17 teen die agtergrond van die roman nie geloofwaardig nie?

Your Answer:
TEKS 2
Marks: 1
Attached Section Resource:
0ec959e1-63d5-486a-8fff-352ba96ec7d3.jpg
Question 1:

Hoe bewerkstellig die skrywer die opgewonde stemming in reël 1–2?

Your Answer:
. - Dit is my troupapier, hoor julle! het sy gesê (reël 13).
Marks: 11
Question 1:

Watter voordeel het Oom Chai se huwelik met Bettie vir sy familie ingehou?

Your Answer:
Question 2:

Watter karaktereienskap van Oom Chai word deur sy bereidwilligheid om met Bettie te trou geopenbaar?

Your Answer:
Question 3:

Hierdie troue veroorsaak egter konflik.

Noem TWEE persone met wie Oom Chai as gevolg van sy huwelik in konflik kom.

Your Answer:
Question 4:

Wat was die hoofoorsaak van hierdie konflik?

Your Answer:
Question 5:

Motiveer waarom ons kan sê hierdie huwelik veroorsaak ’n ironiese wending in Oom Chai se lewe.

Your Answer:
Question 6:

Waarom is Bettie sosiaal onaanvaarbaar in Vatmaar?

Your Answer:
Question 7:

Noem die tema wat in hierdie uittreksel aangespreek word en lewer kommentaar op die aktualiteit daarvan.

Your Answer:
AFDELING C: DRAMA - Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 13: OPSTELVRAAG - KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Marks: 25
Question 1:

Cavernelis ervaar konflik in die drama, Krismis van Map Jacobs.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.
Verwys in jou bespreking na:
• ’n Rede waarom Cavernelis konflik ervaar (1 feit)
• Voorbeelde waar Cyril en Map tot Cavernelis se konflik bydra (5 feite)
• Die invloed van die konflik op Cavernelis se huisgesin (6 gemotiveerde feite)
• Die moontlikheid, of nie, dat die konflik by Cavernelis opgelos word (2 gemotiveerde feite)
• Raad wat jy Cavernelis sou gee om sy konflik op te los (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small - Lees die teks hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.
TEKS 1
Marks: 15
Attached Section Resource:
f78438f2-c314-401b-8e92-8830067b6eb7.jpg
Question 1:

Wat is die tema van die drama volgens die milieu in dié uittreksel?

Your Answer:
Question 2:

Hoe hou Map se twee name in reël 1 verband met sy keuses?

Your Answer:
Question 3:

Waarom sê Map dat Blanchie “ook altyd skelm gekom” het?

Noem die rede hoekom sy nou nie meer daarheen kom nie en wat die uiteindelike gevolg van hierdie rede was.

Your Answer:
Question 4:

Bepaal die dramatiese ironie in Map se woorde “... maar ek verkwalik haar nie”.

Your Answer:
Question 5:

Verskeie mense speel ’n belangrike rol in Map se lewe.

Watter rol het Apostel George in Map se lewe gespeel? Verduidelik wat die gevolg hiervan vir Map en Blanchie was.

Your Answer:
Question 6:

Hoe hou Map se woorde in reël 16–17 met die titel verband?

Your Answer:
Question 7:

Noem EEN karakter met wie Map oor die “alles” (reël 23) in konflik was.

Noem ook die gevolg van hierdie konflik.

Your Answer:
Question 8:

Antie Grootmeisie verteenwoordig die karakters se gewete.

Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.

Your Answer:
TEKS 2
Marks: 4
Attached Section Resource:
3e15517e-7828-4adb-b8c5-0548e4c7e010.jpg
Question 1:

Lees weer La Guma se woorde in reël 1 en reël 14.

Hoe skakel hierdie twee reëls met mekaar?

Your Answer:
Question 2:

Die handelinge van die Cavernelis-familie pas nie in by die res van die gemeenskap nie.

Noem EEN handeling by Cavernelis, Maud en Blanchie onderskeidelik wat nie by die gemeenskap pas nie.

Your Answer:
. - Elkeen in die Cavernelis-gesin lewer ’n bydrae tot ’n vinniger wegkom uit die Kaapse Vlakte. Watter bydrae lewer:
Marks: 6
Question 1:

Cavernelis

Your Answer:
Question 2:

Maud

Your Answer:
Question 3:

Blanchie

Your Answer:
Question 4:

Sou jy Blanchie se bydrae tot Cavernelis se droom as moreel regverdig beskou?

Motiveer jou antwoord.

Your Answer:
Question 5:

Is die neweteks in reël 19 geslaagd teen die agtergrond van wat daarna gebeur?

Motiveer jou antwoord.

Your Answer:
VRAAG 15: OPSTELVRAAG - MIS – R de Wet
Marks: 25
Question 1:

Meisie ervaar konflik in die drama, Mis.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.
Verwys in jou bespreking na:
• ’n Rede waarom Meisie konflik ervaar (1 feit)
• Voorbeelde waar Konstabel en Miem tot Meisie se konflik bydra (5 feite)
• Die invloed van die konflik op Miem se huisgesin en die gemeenskap (6 gemotiveerde feite)
• Die moontlikheid, of nie, dat Meisie se konflik opgelos word (2 gemotiveerde feite)
• Raad wat Gabriël aan Meisie kon gee om haar konflik op te los (1 gemotiveerde feit)

Your Answer:
VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG
MIS – R de Wet - Lees die uittreksel hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
TEKS 1
Marks: 1
Attached Section Resource:
95f17c5e-3747-49c7-8468-effd577e6b16.jpg
Question 1:

Wat veroorsaak dat Gertie in reël 1 so gril?

Your Answer:
Miem se dialoog in reël 2–3 dui op onsekerheid.
Marks: 5
Question 1:

Wat veroorsaak die onsekerheid en wie anders as Miem word nog deur hierdie onsekerheid beïnvloed?

Your Answer:
Question 2:

Waarom dink jy is Miem se onsekerheid geregverdig?

Your Answer:
Lees weer Gertie se woorde in reël 4–7.
Marks: 6
Question 1:

Hoe sluit dié woorde aan by Meisie en haar omstandighede?

Your Answer:
Question 2:

Waarom is hierdie woorde ’n vooruitwysing na die afloop van die drama en hoe sluit dié woorde by die dramatiese doelstelling van dié drama aan?

Your Answer:
Question 3:

Wanneer het dié twee meisies verdwyn?

Your Answer:
. - Meisie praat gewoonlik nie baie nie; daarom is haar opgewonde reaksie in reël 15 opvallend.
Marks: 3
Question 1:

Watter waarde heg Meisie aan die sirkustent en -liggies?

Your Answer:
Question 2:

Watter waarde heg haar ma daaraan?

Your Answer:
Question 3:

Waarom is Miem se woorde in reël 17 ironies?

Your Answer:
TEKS 2
Marks: 10
Attached Section Resource:
0a2b8365-b598-4033-890e-4e17d1bb539f.jpg
Question 1:

Wat het aanleiding gegee tot Gertie se giggel (reël 1)?

Your Answer:
Question 2:

Hoekom is Gertie se reaksie, volgens die toneelaanwysing in reël 3, op Miem se vraag gepas?

Your Answer:
Question 3:

Beoordeel Meisie se handeling in reël 4 en motiveer of hierdie handeling met die tema van die drama verband hou.

Your Answer:
Question 4:

Gee bewyse uit reël 9–11 dat Miem nie vir Meisie en Konstabel dieselfde behandel nie.

Your Answer:
Question 5:

Hoekom gebruik Miem vleiende woorde oor Meisie in reël 13–18?

Dui aan of haar planne slaag.

Your Answer:
Question 6:

Skryf EEN woord uit die neweteks neer wat Meisie se houding teenoor haar ma opsom.

Your Answer:
© 2025, Obami Networks  |  Live