Noem TWEE wenke wat ouers en onderwysers gewoonlik voor ʼn eksamen vir jou gee.
Hoe kan jy die eksamenmonster maklik oorwin? (Blokkie 2)
Wat is die ooreenkoms tussen ʼn eksamen en ʼn monster?
Noem EEN spesifieke ding wat jou negatiewe stem vir jou sê. (Blokkie 3)
Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.
“Ek gaan sukses behaal!” (blokkie 3) beteken dat jy ...
Is die stelling ʼn FEIT of ʼn MENING?
Motiveer jou antwoord op deur DRIE opeenvolgende woorde uit blokkie 5 aan te haal.
Wat is die rede vir die gebruik van die stippels aan die einde van blokkie 5?
Sê wat die woord “woema” (blokkie 6) beteken.
ʼn Lang, intensiewe studiesessie
ʼn Kort studiesessie
Hoeveel uur per nag word as “genoeg slaap” vir leerders beskou?
Waarom vorm die prentjie ʼn kontras met die stelling?
Waarom moet jy jou handspiere gereeld oefen?
Watter “energiedrankie” het jou lyf en brein tydens studie nodig? Haal TWEE opeenvolgende woorde uit blokkie 10 aan.
Word die woorde “warm stoel” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik?
Motiveer jou antwoord deur te verduidelik wat in hierdie konteks met warm bedoel word.
Waarom is dit effektief om ʼn artikel in hierdie vorm aan te bied?
Hoekom, dink jy, verskyn daar jaarliks soveel artikels oor eksamenwenke in die media?
Watter woord beskryf die soort huis waarin die meeste Suid-Afrikaners woon?
Hoekom word ʼn vraagteken gebruik om aan te dui waar 0,9% van die mense woon?
Wat impliseer die pyltjie in die gloeilamp?
Watter persentasie van Suid-Afrika se mense hoef nie hulle water huis toe te dra nie?
Hoeveel huise in die land is sonder lopende water? (Nie persentasie nie)
Hoekom word koeke gebruik om die verskillende ouderdomsgroepe aan te dui?
Watter provinsie het die grootste werkloosheidsprobleem in Suid-Afrika?
Waarom is die gebruik van prentjies in hierdie sensusartikel so effektief?
Gee TWEE redes.
TEKS C: MAAK NUWE VRIENDE!
Wie is die teikengroep van hierdie advertensie?
Gee die OORTREFFENDE TRAP van die onderstreepte woord in die opskrif van die advertensie. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Die goed matriekafskeid-ekspo ooit!
Gee EEN WOORD vir die beskrywing tussen hakies. Skryf slegs die antwoord neer.(Klere vir mans) is ook beskikbaar.
Skryf die sin in die lydende vorm.Ons bespreek hare en skoonheid.
Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Beeld reël wonderlik aktiwiteite by die ekspo.
Kies die korrekte AFRIKAANSE WOORD vir die onderstreepte woord.
ʼn Lewendige show deur VONK.
Hoekom trek die inligting “toegang gratis” dadelik die leser se aandag?
Verander die VRAAGSIN in die advertensie na ʼn STELSIN.Kan jy pryse wen?
Waarom gebruik Beeld die woord “jou” in die slagspreuk “Jou wêreld. Jou koerant”?
Hoekom is dit effektief om verskillende lettertipes in die advertensie te gebruik?
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die antwoord neer.Helga (stereotipeer/manipuleer) mans as sy sê dat daar ʼn vrou agter elke suksesvolle man is.
Kies ʼn woord uit die blokkie om die sin korrek mee te voltooi. Skryf slegs die antwoord neer.
In raampie 1 kan ons duidelik uit die meisie se gesigsuitdrukking aflei dat sy ... is.
Wat kan jy uit raampie 2 aflei oor die feit dat die meisie met haar hande agter haar rug staan?
Skryf die sin hieronder oor en vervang die onderstreepte voegwoord met DAAROM.Helga werk 24 uur per dag en sy is ʼn voorbeeld vir haar dogter.
Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.Sy werk 24 uur per dag.
Kies die woord wat die volgende VASTE UITDRUKKING korrek voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.Hägar se vrou swoeg en ... heeldag om haar man gelukkig te maak.
Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord. Skryf slegs EEN woord as antwoord neer.Die boodskap van die strokie is dat Hägar suksesvol sal wees as sy vrou nie agter hom staan nie.
Voltooi die sin deur te verwys na wat jy in raampie 2 kan sien. Skryf die sin oor.In raampie 2 kan ʼn mens sien dat die klere nog nat is, want ...
Vorm ʼn SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as antwoord neer.In die strokie probeer Hägar se vrou vir die jong meisie ʼn (lewe + les) leer.
Hoekom word ʼn uitroepteken in raampie 2 gebruik?
Verbeter die SPELFOUT in die opskrif. Skryf slegs die korrekte spelling as antwoord neer.
Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.Johnna Rizzo het dierenavorsing gedoen.
Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.Sy het gesê dat diere die wonderlikste onderwerp is om te bestudeer.
Skryf die onderstreepte woord as ʼn AFKORTING neer. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Honde gaap om snaakse redes, byvoorbeeld omdat hulle gespanne of opgewonde is.
Laika was die eerste hond wat ʼn reis na die ruimte onderneem het.Gebruik die HOMOFOON rys in ʼn goeie sin sodat die betekenis duidelik blyk. Skryf jou eie sin volledig uit.
Skryf die onderstreepte woord in LETTERGREPE neer.ʼn Sint Bernard-hond, met die naam Barry, het glo in sy lewe meer as veertig mense se lewens gered.
Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.Honde drink soms water uit toiletbakke.
Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Die water in die toiletbakke bly koel as die water in hulle bakke.
Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Honde kan nie soos katte agteruit teen boom afklim nie.
Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.Iemand moet hierdie mite glo.
Skryf die sin oor in die INFINITIEF.Moenie bekommerd wees as jou kat se hart twee keer vinniger as joune klop nie.Skryf die hele sin oor en begin só: Jy HOEF NIE bekommerd ...
Gee die VERKLEININGSVORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.Selfs klein katte se oë het drie ooglede elk.
Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as antwoord neer.ʼn Kaliko-kat is byna altyd ʼn wyfie.
Gebruik die woorde in die lys hieronder en voltooi die sinne.Die kombuis is vol ...
Die teëls van die kombuisvloer is ...
Die drie laaie is ... sodat daar niks kan inklim nie.
Op die ... is daar ʼn prent van ʼn groot, vet kat.
Die ketel is ingeprop by die ...
Gebruik die onderstreepte woord as ʼn VOORSETSEL in ʼn sin. Skryf jou eie sin volledig uit.Die koppie hang aan sy oor onder die een kas.